top of page

Warrick Gelant

SA U/20, Springboks, Blue Bulls, Bulls Superugby, Stormers 

"Coach Marinus is die een by wie ek varsity cup gespeel het eerste jaar uit skool. Hy is die een coach wat die vermoe het om die beste uit sy spelers te kry. Wat hom spesiaal maak is die feit dat hy jou nie net coach en wys hoe om die ding te doen nie, maar ook hoekom.
Hy fokus op elke liewe detail van die speler. Hy coach nie vir wen of verloor nie want vir hom gaan dit oor passie en energie. En dan natuurlik vir hom om 'n beter speler te maak is vir hom die groot prys. Van die veld af maak hy seker hy ken spelers. sy soeke na die dieper mens is vir hom uiters belangrik en daarom die sukses met sy spelers. Die feit dat hy ook bereid is om te luister en nie 'n coach is wat outokraties is nie, is wat hom great maak. 
Ek kan sekerlik se coach Marinus het my 'n paar beginsels op en van die veld af geleer, wat my vandag 'n beter speler gemaak het". - 
Warrick Gelant

SA 7's U/18, Blitz Bokke, Blue Bulls U/21, Kings Superugby

Dewald Human

"Coach Marinus glo in sy spelers en laat spelers ook in hulle self glo. Hy n goeie coach wat spelers se opinie in ag neem en dit gaan nie oor hom self nie. 'Shortest coach I worked with but with a big heart and big future ahead of him' Vir my is dit belangrik om n goeie vehouding met jou coach te he en met coach Marinus het ek een gehad want ek kon praat en vrae vra oor rugby en die lewe.

 

'He believed in me even though I didn't believe that much in myself, he is a world class coach and I believe in him" - Dewald Human

DELANEY DU PLESSIS

LIMPOPO BLUE BULLS U/20

CLASS OF 2016 & 17

Ek weet nie eers waar om te begin om dankie te sê vir die ervaring, opleiding en geleenthede wat ek onder Marinus van der Watt gekry het nie.

Ek was 2 jaar gelede eerste span kaptein van my skool se rugby en die wêreld het aan my voete gelê. Ek was op pad Universiteit toe en alles het net goed gelyk. Toe in een rugby wedstryd skeur al my ligamente af en eindig met ‘n gekraakte been ook. Skielik het alles in duie gestort. Ek het nie geweet waarna toe van hier af nie. Ek sou vir 6 maande weg moes bly van rugby.

 Ek het in die koerant gelees van IRI wat nie net na jou sport toekoms kyk nie maar ook na jou as persoon bevorder. Ek het ook besef dat ek my posisie sal moet verander as ek enigsins ‘n verdere toekoms in rugby wil hê.

 Marinus het my onder sy vlerk geneem en het eers gehelp met rehabilitasie en toe het die groot oefen begin om van flank na skrumskakel te skuif. Natuurlik was alles nie altyd sonskyn en rose nie en baie dae het frustrasies amper die oorhand gekry. Maar eindelik het sukses begin wys.Marinus het lang middae ure saam met in die son geoefen om seker te maak dat my spelpeil die van ‘n professionele speler word.

Die IRI het great gym fasiliteite waar harde oefenninge en deursettingsvermoë  daagliks plaasgevind het.ñ Persoon kan verseker wees om weekliks sy resultate te verbeter mits die persoon doen wat van hom verwag word.

 Ek het deur die IRI die geleentheid gekry om in Duitsland te gaan speel wat ook ‘n ongelooflike leer proses vir my was en ñ groot voorreg.

Ek as persoon het baie sterker geword te danke aan die International rugby institute en Marinus van derwatt,wat daagliks ons geleer het om deursettingsvermoë te wys en jouself te vind in jou persoonlike reis.

Ek sal die IRI definitief aanbeveel vir enige seun wat professionele rugby wil speel en hom self te vind vir wie hy werklik is.

Onder leiding van Marinus van der Watt sal die IRI akademie nog groot hoogtes bereik in die toekoms.

Dewald vd Vyver

LIMPOPO BLUE BULLS U/20

CLASS OF 2016 & 17

Ek sal se vir my was die rugby een van die dinge wat uit gestaan het maar om in die Currie cup final te speel was die hoogtepunt van die jaar . Al is 'n mens in n rugby akedemie dink ek die mense wat jy ontmoet in die prosses is nie net daar vir n jaar nie maaar dis vriende wat daar sal wees vir die res van jou lewe

Ruan Grundelingh

LIMPOPO BLUE BULLS U/20

CLASS OF 2016 & 17

My ervaring die afgelope twee jaar was iets wat 'n mens nie kan beskryf nie ,mense vra my hoe is dit by die IRI en ek kan dit nie beskryf nie want dit was verseker die lekkerste twee jaar van my lewe gewees van coaching tot gym tot game dae. Die hoogte punt is altyd tydens wedstryd dae en alles rondom die voorbereiding. Dit sou nie moontlik gewees het sonder coach Marinus en sy bestuur span nie...daar is n saying "time flies when you are having fun"  dit is rerig so by die instituut . Ek raai enige jong rugby liefhebber aan om aan te sluit. 
 

Danny Mokobane

LIMPOPO BLUE BULLS U/20

CLASS OF 2017

The IRI for me this year made me grow... not only as a rugby player but as a person ...all i can say that I became a new person that I thought I would never become ....the IRI was fantastic for me this year thanks to Coach Marinus and his staff 

Willie Engelbrecht

Pumas Currie Cup

Coach Marinus is een van die hardwerkende coaches wat ek ken en is n coach wat moeite doen met elkeen van sy spelers. Hy sal jou iets leer om dit self te doen al ken hy nie die posisie so goed nie sal hy uit sy pad gaan om jou te help en better te maak !
Coach Marinus het my die rugby speler gemaak wat ek vandag is hy het my al die groter dele van rugby geleer hy het my geleer defend en my leer paas was dit nie vir coach Marinus nie was ek nie vandag die speler wat ek is nie en waar ek is nie ! Dankie coach ek sal elke dag dankbaar wees vir coach !

Torsten Van Jaarsveld

Namibia, Pumas, Cheetahs -superugby.

"Ek was baie bevoorreg om onder twee ongelooflike afrigters en mense te werk-Coach Marinus en Coach Neels. 

 

Ondervinding is iets waaruit hulle baie goed geleer het en dit goed deurgegee het aan ons spelers! 

Coach Marinus is een van die beste afrigters wat ek al ervaar het en as dit nie was vir die rugby instituut en Marinus van der Watt was nie sou ek nie wees waar ek vandag is nie

 

Hulle leer jou van elke aspek van die game! So maak hulle jou n voldoende speler in "n jaar se tyd as jy bereid is om hard te werk en altyd iets nuuts by te leer is hulle die manne vir jou"- Torsten van Jaarsveld

Dougie Hellmuth

Freestate, Griquas, SWD 

Ek het die voorreg gehad om gedurende 2009/2010 vir ʼn tydjie onder Marinus se hande deur te gaan. Dit was baie laat in my loopbaan en ek wens ek kon dit vroeër in my loopbaan ervaar het. 
Marinus het so baie waarde tot my spel toegevoeg! Moet nie die geleentheid mis om vroeg al die regte tegnieke aan te leer nie! Jy sal nie spyt wees nie! Bo en behalwe die rugby kennis wat jy gaan opbou sal jy saam met Marinus ook as Mens groei en dit is baie belangrik vir die dag as jy jou tokse ophang! – Dougie Hellmuth

Impi Visser

Blue Bulls 7's, Blitz Bok Academy, Blue Bulls U/21

"Ek was in die bevoorregte posisie om saam coach Marinus te kon werk. Eerlikwaar sou ek nie vandag wees waar ek is sonder sy insette nie. Ek het soveel gevorder en gegroei as 'n speler, maar wat altyd vir my sal uitstaan is die manier hoe hy sy spelers hanteer en ook hoe hy spelers bevorder as beter mense en nie net as sport manne nie.

Ek sal altyd dankbaar wees vir coach Marinus en die invloed wat hy op my lewe gehad het. Hy is werklik een van die beste afrigters wat ek al mee gewerk het en weet dat ek nog 'n lang pad saam hom sal stap" - Impi Visser

Blue Bulls Tuks Rugby Academy

Neels Grobler & Marinus vd Watt - Founding members

"The following persons played a big role in the planning, administration and managing of the Tuks Rugby Academy namely, Kobus van der Walt (Direkteur: TuksSport) Gert van Coller (Tuks Rugby Manager) Freddie Grobler (General Manager), Neels Grobler, Marinus van der Watt and ex -Springbok Krynauw Otto."

Wynand Moolman - CEO BBTRA

Faan Short (MD)

Air Sea Packaging SA (Pty) Ltd

"With reference to the above I would just like to share my experience as a concerned parent

About my two sons that was trained and tutored by MR.Neels Grobbler and MR.Marinus v/d Watt.

 

What we must not forget as a parent you can have the best coaches in the world but only 20 % depends on them it is all about the player and his commitment ( how you practice is how you play ),but myself and My sons can recommend these two coaches to the best rugby players in our country, as they are committed 120% towards your son and  his rugby career as a professional rugby player in future.

 

The experience these two coaches have, is not only by playing the game on a higher level themselves, but being in the coaching business for many a year, the academic coaching references these coaches have speak for itself. The only way I see this being a success is the commitment shown by the coaches themselves and believe me these two guys don not lack any, and the percentage input by your son as a player.

 

The great opportunity I had as a parent was that both my sons was trained / coached by these coaches ,the goals they reached was remarkable, not only were they fit and skilled enough but the opportunity created by the rugby academy of which they were in control off created the best for them as rugby players, to such an extent that both off them played Currie cup rugby for various provinces and the BULLS amateur rugby side. They were not only that fortunate, but most of the rugby players in the academy had the same opportunities and reached the same goals and higher accolades.

 

NB: If your son has the commitment, and if he wants to be the best he will be WITH the best, to make him the best rugby player he can be." Fanie Short

bottom of page